Wen ‘n partytjie ter waarde van R5000!
September 20, 2016
Heldeakker in Bloemfontein ‘aangeneem’
September 28, 2016

Die FAK is die trotse kultuurvennoot van die derde Afri-Duetfees op Vrydag 21 Oktober in die ZK Matthews-teater by UNISA in Pretoria.
anna-davel
Louis Loock en Anna Davel is een van die vier duetpare wat optree. Hierdie is ‘n top-gehalte produksie met duetmusiek deur ons beste Afrikaanse duetpare. Die ander pare wat optree is Willie en Natasha Joubert, Nicholis Louw en Liezel Pieters, en Nico Strydom en Charlotte Kilian. Treffers soos You Raise Me Up, Voshaarnooi, Sweef soos ‘n Arend, Gloryland en The Prayer gaan gehoor word, terwyl Louis en Nicholis se O Solè Mio in die styl van Pavarotti en Bryan Adams ‘n duetervaring “uit die boonste gestoeltes” gaan wees.

Kaartjies kos R250, R200 en R170 en sluit ‘n onthaal van aarbeie, roomys en likeur in na die vertoning op UNISA se daktuin. Bespreek jou kaartjies by duetfees@gmail.com of skakel Cassie Aucamp by 082-377 1112.

 

Comments are closed.

error: Content is protected !!