Hoop in die donker – Nagligte
September 28, 2016
Paul Kruger Fees
September 28, 2016

Heilbron-gemeenskap kan met trots ’n breë bors uitstoot. Na vele beplanning en fondsinsamelings kan Vegkop Slagveldterrein eersdaag spog met  nuwe  ablusiegeriewe. Die direksie was amper twee jaar besig met hierdie projek  en kan dit nou begin na vele skenkings en bydraes. Die eerste sooi is op Dinsdag 27 September gespit. Fase 1 is die rioleringsput van nuwe, sowel as bestaande geriewe. Fase 2 wat tegelykertyd loop, is die fondasie van die nuwe blok tot op vloervlak. Abel van Jaarsveld tree op as projekbestuurder  en die direksie wil hul dank aan hom uitspreek. Die beplanning is om fase 1 en 2 af te handel voor einde November. Die mure en dakke is ook onlangs geverf en die terrein lyk pragtig.  Ja, dit is die eiendom van Heilbron-gemeenskap en ’n gemeenskapsprojek, daarom nooi die direksie die gemeenskap uit om te kom kyk en betrokke te raak. Dit is julle erfenis en nalatenskap.

Die direksie wil elke bydraer bedank vir die moontlik maak hiervan. Die grootste bydraers is die Vegkopboerevereniging en AfriForum.

Comments are closed.

error: Content is protected !!