Vir die voëls
November 29, 2016
Emoji – Coenie de Villiers
November 30, 2016

The Piano Man

“The Piano Man” is ’n klein  besigheid in Pretoria met die grootste ideaal, ons is tot jou klavier se diens!

Ons dienste sluit in die stem van klaviere, herstelwerk, kabinetvernuwing, verhurings, evaluasies, koop en verkoop, asook vervoer!

Ons kliënte is verspreid regoor die land, en ons doen besoeke tot sover as Maputo en Botswana.

Dit is ’n sterk, toegewyde besigheid met 50 jaar+ se gekombineerde ondervinding! Ons beskik oor ’n verstommende databasis (van oor die 2000 kliënte) wat skole, universiteite, teaters en kerke insluit.

Ons is welbekend en word opreg gerespekteer in die bedryf! Dis vir ons ’n eer om te sê ons was in 2014 ’n finalis in die Radio 702 se Klein Besigheid van die Jaar-kompetisie en tans genomineer vir die 2016 SA Top 20 Klein Besigheid & Entrepreneur Toekenning!

Ons is die erkende tegnici vir Kawai en Yamaha in die Pretoria-gebied.

Raymond Cugnolio, ons direkteur is ’n gekwalifiseerde lid van die “ SA Entrepreneur van Professionele Klavierstemmers” en die Amerikaanse Klaviertegnikus Gilde (die grootste gilde met ongeveer 4500 lede) wêreldwyd. So is hy dus ook besig om gemotiveerde studente (vakleerlinge) te lei in ’n opleidingsprogram om binne drie jaar te kwalifiseer as Stemmers en Tegnici.

Het jy jouself al gevra hoe jou lewe sonder lied en klank sou wees? Ons is dus dankbaar tot diens in die voortbestaan van hierdie kosbare instrument van jou!

Comments are closed.

error: Content is protected !!