Netwerk (Namibië) bou aan die kultuurbrug saam met die FAK
Februarie 1, 2017
Redes vir Shimlapark-verslag: Heimat en die rol van privaat koshuise by tersiêre instellings
Februarie 2, 2017

deur Marda Oosthuysen

Ons is in 2017! Die jaar waarin ons geliefde Dameskring 50 jaar oud word … en ons gaan feesvier!

In die tyd voordat daar modern hawens was, moes skepe dikwels vir die hooggety wag voordat hulle ’n hawe kon binnegaan. Die Latynse term hiervoor is ob porter, wat verwys na ’n skip wat voor die hawe lê en wag op die regte geleentheid om met die draai van die gety in die hawe in te vaar.

Die Engelse woord “opportunity” (geleentheid) kom van die oorspronklike betekenis van hierdie woord. Die bemanning moet dus gereed wees vir die regte oomblik … anders moes hul wag vir die volgende hooggety …

2017 is hooggety … die regte oomblik! In ons opgewondenheid oor die verjaarsdagvieringe is dit noodsaaklik om ‘nuwe geleenthede’ aan te gryp. Geleenthede kom en gaan, net soos die getye, maar ons mag nooit sonder entoesiasme uitsien na ’n nuwe gety nie.

Geleenthede is so volop soos wat ons ons maar kan verbeel, maar ons sal hulle nié kan raaksien as ons nié die getye dophou nie. Ons moet ons instel om geleenthede raak te sien. Geleenthede kom nie soos ’n ‘frats’ nie, net soos getye kom en gaan, so kom geleenthede weer en weer oor jou pad.

Daar is geleenthede om nou Dameskring te bemark deur met trots van ons Waardeprojek te vertel …
Ons het die geleentheid om nou nuwe vriendinne aan Dameskring bekend te stel …
Ons het die geleentheid om ’n positiewe verskil in ons leefwêreld te maak …
Ons het die geleentheid om HOOP te leef … ’n VUURAANSTEKER te wees.

Die oomblik is nóú … Vroue vir nóú! Dis hooggety! Gebruik die geleentheid!

Comments are closed.

error: Content is protected !!