Die rebellie van Lafras Verwey
Mei 4, 2017
Varsgedruk stel nuwe Afrikaanse aanlyn-boekwinkel bekend!
Mei 4, 2017

Wil jy graag jou skriftelike Afrikaans verfyn? Kom (her)ontdek ’n paar geheime van goeie taalgebruik in die Kom slyp jou Afrikaans-werkswinkel op Dinsdag 16 Mei by die Blikkantien Restaurant op die Voortrekkermonumentterrein. Daar is nog plek beskikbaar!

Dié werkswinkel deur die taalkenner Tom McLachlan sal veral jou kennis van leestekens en skryfwyses (vas of los; koppeltekens en deeltekens; hoofletters en kleinletters) verfris. ’n Klompie gereelde foute, soos woorde wat verkeerd gebruik of gespel word, sal behandel word en jy sal ook vrae oor jou eie taalprobleme kan vra.

McLachlan is ’n beroepstaalpraktisyn wat, ná ’n draai in die sekondêre en tersiêre onderwys, die grootste deel van sy loopbaan in taaldienste gewerk het. As lid (en voorsitter) van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns was hy ten nouste betrokke by die negende en die tiende uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en medeontvanger van die CJ Langenhoven- en die CL Engelbrecht-prys. Hy was medeskrywer van X-Kit Afrikaans for English speakers, wat met ’n ATKV-Veertjie bekroon is, die skrywer van die taalgedeelte van die HAT Taal- en Feitegids en ’n medewerker aan verskeie woordeboeke. In 2015 ken die Akademie die CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap aan hom toe. Sedert sy aftrede is hy ’n aktiewe vryskuttaalpraktisyn.

 

Datum: Dinsdag 16 Mei 2017

Plek: Blikkantien Restaurant, Voortrekkermonument

Tyd: 09:30 vir 10:00-16:00

Koste: R50 pp (Verversings ingesluit)

RSVP: Woensdag 10 Mei 2017 by chrisna@fak.org.za

Comments are closed.

error: Content is protected !!