Genealogie- & Familie-Erfenisfees

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Nasionale BSV-skryfwedstryd 2017
Julie 5, 2017
Kaboemfees weer plesierig
Julie 5, 2017

Nuuskierig oor jou familie-stamboom en herkoms?

Weet jy waar om te begin met jou navorsing en hoe om dit aan te teken en te bewaar – dan moet jy nie hierdie fees misloop nie.

Vanjaar vind die tiende jaarlikse saamtrek van verskeie uitstallers tydens Erfenismaand in Pretoria plaas.

Die fees vind saam met die Rif Makiti op die terrein van die NG Gemeente Lynnwoodrif plaas en stel produkte, aktiwiteite, bronne en navorsingsmetodiek m.b.t. genealogie en familiegeskiedenisnavorsing aan die wyer publiek bekend.

Uitstallings behels die Genealogiese Genootskap van SA, die Erfenisstigting, ervare genealogiese navorsers, aktiewe familiegeskiedenisverenigings, familiebonde en boekwinkels.

Die publiek word hartlik uitgenooi om hul vrae oor stambome en familie-herkoms te bring en saam met familie en vriende te kom kuier!

Waar: ATRIUM, Lynnwoodrif Gemeente, 269 Lanciastraat, Lynnwoodrif, Pretoria
(GPS Koördinate: E28.17’56.1” S25.45’49.3”).
Wanneer: Saterdag 2 September 2017 van 08h30-13h30.

Koste: Gratis, maar boeke, sowel as eetgoed en drinkgoed sal te koop aangebied word.

Die hoofspreker van die oggend is Carol Hardijzer om 11:30 met die tema “Fotografie voor 1915 & genealogiese navorsing”.

Lede van die publiek kan enige foto’s/albums in hulle besit, wat dateer van voor 1915, saambring om bespreek te word.

Navrae: Organiseerder Isabel Groesbeek (ter viering van haar 30 jaar betrokkenheid by die vakgebied en ter bevordering van die vakgebied onder die wyer publiek en twv skakeling tussen betrokkenes)
E-posnavraag by isabelg@mweb.co.za OF Facebook ‘Families Info SA’

Sien ook YouTube-video oor fees by www.isabelgroesbeek.wix.com/expo

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!