Genealogie- & Familie-Erfenisfees
Julie 5, 2017
GEE MY DIE BERGE!
Julie 20, 2017

Kom na die fees waar ons ongetem Afrikaans sing, praat, eet en leef. Kom geniet ’n onvergeetlike naweek met die grootste name in Afrikaanse musiek en vermaak wat op ’n besonderse plek, aan die voet van Kranskop, bymekaarkom. Die Kaboemfees word vanjaar op 25 en 26 Augustus te Nylstoom aangebied.

Die Kaboemfees is ’n fees waar die hele gesin kan ontspan en saam met hul gunsteling kunstenaars kan feesvier in Afrikaans. Kom kuier saam met Steve Hofmeyr, Pieter Smith, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Altus Teart, Tiaan Langenegger, Dowwe Dolla, Karlien van Jaarsveld en nog ’n paar ander verrassings!

“Hoendervleis oomblikke in Afrikaans!”

Jy kan ook saam kom kuier by die FAK-kultuurkafee, waar jy hoendervleis oomblikke in Afrikaans sal beleef terwyl jy ’n beker gemmerbier en bakkie potjiekos kan geniet. Steve Hofmeyr en Pieter Smith sal ook Vrydagaand, 25 Augustus al jou gunsteling FAK-liedjies saam met jou sing.

KLIEK HIER om jou kaartjies te bespreek [www.kaboemfees.co.za]

Die Boerste fees in die wêreld!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!