So blus jy met ‘n #PLUS
Julie 24, 2017
Jan Pierewiet
Julie 26, 2017

Artikel en foto verskaf

 

Frikkie van Biljon is opgewonde om te sy nuwe enkelsnit en musiekvideo bekend te stel vir Altyd By My.  Die lied is tans beskikbaar op iTunes, Google Play en ander digitale platforms. Altyd By My is geskryf deur Albert Short (lirieke) en Frikkie van Biljon (musiek). Vervaardiging op die snit is gedoen deur Frikkie van Biljon en Pieter van Helden.

Luisteraars kan uitsien na lekker ligte luister musiek met dieper lirieke.  Die musiek is `n vars klank tot die Afrikaanse arena. Frikkie van Biljon se tweede enkelsnit, Elke Tree, is ook beskikbaar op alle digitale platforms.

 

Wie is Frikkie:

Frikkie het begin om te sing op die vroeë ouderdom van 5-jaar.  Sy eerste solo-item het hy gelewer tydens `n kerssangdiens by die AP-Kerk te Viljoenskroon.  In laerskool neem hy deel aan die Kunswedstryd te Kroonstad en verwerf verskeie A++ sertifikate in sang.

In 1996 neem hy deel aan Radio Koppies (nou Overvaal Stereo) se talentkompetisie.  Hy word `n CD kontrak aangebied deur Corrie Myburgh met die voorvereiste dat hy formele sangopleiding moet ondergaan.  Dieselfde jaar skryf hy in by die konserwatorium te Potchefstroom en ontvang opleiding onderleiding van een van Werner Nel se M-studente.  Later daardie jaar verhuis sy ouers na Mtubatuba en kon ongelukkig nie opvolg om die kontrak deur te voer nie.

Hy doen voorvertonings vir o.a Jannie du Toit, Christa Steyn, Rina Hugo en Steve Hofmeyr konserte.

Op universiteitsvlak word hy in sy eerstejaar gekeur vir die studentegeselskapgroep Alabama.  Weens akademiese redes moes hy ongelukkig onttrek van die groep.  Hy wend egter sy talente aan en neem vir 6-jaar deel aan die enkelsêr en binglesêr kompetisies op die PUK kampus.

Hy skryf ook eiekomposiesies vir verskeie koshuise waarvan 6 van sy musiekstukke top 5 behaal het op verskeie geleenthede.  Hy neem deel aan koshuistoneel en wend sy talente aan om te help met die beplan, skryf en afrigting van verskeie eerstejaarskonserte.  Verder rig hy ook 3 sanggroepe af.  In 2007 word hy deel van die sanggroep B# wat deelneem aan die Artima Kampustalentfeeskompetisie waar die groep ook deurdring na die finaal.

Na `n lang breek van die kunstewêreld besluit hy om weer sy droom na te streef en begin in 2017 weer met sangopleiding by Jolanda Becker.  Hy neem deel aan Sing vir die sterre waar hy 2 A++ sertifikate lossing.  Hy reik ook sy eerste enkelsnit uit (Altyd by my) wat hy geskryf het in samewerking met Albert Short.  Die lied word tans gespeel op 5 gemeenskapsradiostasies.

In Julie reik Frikkie sy tweede enkelsnit uit getiteld, “Elke Tree”.  Dit is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

In Juniemaand van 2017 woon Frikkie `n liedskryfwerkswinkel by wat aangebied is deur Joe Foster (Ghoemawenner) by die Song House in Pretoria.

In 2017 oudisie hy vir die rol van Luther in die produksie Uit Diep van Donker Nagte (geskryf deur Ina Opperman) en kry die voorreg om die rol dan ook uiteindelik te vertolk.

Verder is Frikkie ook besig om voor te berei vir die opneem van liedere uit die Eurovision kompetisie wat later vanjaar op `n kompilasiealbum te vinde sal wees.

In Julie reik Frikkie sy tweede enkelsnit uit getiteld, “Elke Tree”.  Dit is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

Frikkie is getroud met Corlia van Biljon en het twee kinders, Lisa en Gideon.  Hy is voltyds `n rekenaarprogrammeerder en pa. Hy die ook musiekleier by Althea Ministry by die Gereformeerde Kerk Centurion.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!