Musiekskat met vasbyt verwerklik

Klikkerland
Augustus 2, 2017
Juanita du Plessis se liedjie Volla nou in Nederlands?
Augustus 10, 2017

Soos verskyn in Rapport, 6 Augustus 2017

Deur Elaine Swanepoel

Ná 42 jaar in die bedryf en ’n kas vol pryse dink Sonja Herholdt nog nie aan aftree nie. Sy wil eers nog ’n album uitbring en selfs in nog ’n Afrikaanse fliek of twee speel.

“Dit voel soos gister toe ek in die bedryf begin het,” sê Herholdt (64).

“Toe ek destyds begin sing het, was die Afrikaanse musiekmark baie kleiner en dit was gewild om in Engels te sing,”

 

Sy en Bennie Bierman, Afrikaanse komponis en musiekbeoordelaar, het Vrydagaand die Federasie va

 

n Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Prestige-prys gekry vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek. “Sonja was deel van ’n geslag sangers wat geglo het in die ideaal van ’n eie Afrikaanse musiekskat en dit met vasbyt verwerklik het,” sê dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.

“Toe ek destyds begin sing het, was die Afrikaanse musiekmark baie kleiner en dit was gewild om in Engels te sing,” sê Herholdt. “Ná 1994, toe die Afrikaanse taal en kultuur bedreig word, het die Afrikaanse musiekmark geblom en het mense gekiés om na Afrikaanse musiek te luister.”

Sy het in 1975 bekendheid verwerf met die lied “Ek verlang na jou”, wat tot vandag haar gunsteling is. “Dit was net die regte tyd vir daardie liedjie omdat die manne op die grens was.” Sy onthou toere in die 70’s in ’n Kombi sonder lugversorging.

“Daai tyd het niemand back tracks gebruik nie en jy het met ’n orkes getoer en al die liedjies self gesing.” Sy sê dit is nou baie makliker om te sing en jou eie liedjies op te neem. “Maar die mark is oorvol en nuwe kunstenaars sukkel om ’n voet in die deur te kry.”

Bierman (77) was die afgelope week in die hospitaal weens komplikasies ná ’n blaasoperasie en kon nie die geselligheid Vrydag bywoon nie, maar het aan Rapport gesê hy is dankbaar vir die erkenning.

“Vir enigiemand met ’n passie vir Afrikaanse musiek en letterkunde is dit belangrik om die taal te bevorder.” Hy meen die Afrikaanse taal en kultuur is steeds baie sterk en dat dit belangrik is om die taal “in al sy vorme” te handhaaf en nie noodwendig te streef na ’n standaardvorm van Afrikaans nie.

Bierman is op sy oudag steeds betrokke by die Albertonse Mannekoor en die verwerking van Afrikaanse liedere.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!