Boomplantdag afgeskop in Liedjietuin
September 1, 2017
Ons legendes: Ontmoet Mannetjies Roux
September 19, 2017

10:00                                                          Douwe Bijkersma (bariton)

Woensdag 4 Oktober                                       Deirdré Van Schalkwyk (sopraan)

Gaufestival 2017                                     Mart-Marie Snyman (klavier)

www.brooklyntheatre.co.za (012) 460 6033

 

Wie onthou nog daardie lekker saamsing FAK liedjies om ’n kampvuur! Is dit vir jou ’n deel van ons Afrikanerwees wat jy mis? Hou jy van sing? Wil jy hê jou kinders moet aan al die FAK gunstelinge blootgestel word?

Kom kuier by ons in Brooklyn Teater vir ’n prettige uurtjie van saamsingpret vir die hele familie!

Die bariton, Douwe Bijkersma en sopraan Deirdré van Schalkwyk is die voorsangers met knap klavierbegeleiding deur Mart-Marie Snyman. Volksliedjies van vroeër, soos Die Oukraalliedjie, Bolandse Nooientjie, Suikerbossie, Liewe Maan, Ek soek na my Dina vat hande met luisterliedjies uit die splinternuwe FAK wat ook die mooiste liedjies insluit van Koos du Plessis, Sonja Herholdt, Laurika Rauch en vele meer. Jy kan jou eie FAK saambring as jy wil. Ons projekteer egter ook die lirieke vir almal om saam te sing.

 

KAARTJIES: Volwassenes: R80 / Kinders: R50

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!