Herdenking vir konsentrasiekamp

Musiekgeskiedenis: Waar kom “Siembamba” vandaan?
September 19, 2017
Krugerwildtuin-geskiedenistoer
September 26, 2017

IRENE KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

 JAARLIKSE HERDENKING

MAANDAG 25 SEPTEMBER 2017 (die dag ná Erfenisdag)

7:00 OGGEND

Stopfordweg  10 Irene  (S 25°52’ 14.4”  O 28°13’ 13.9”)

Georganiseer deur Centurion Erfenisvereniging, SAVF en die Voortrekkers

Irene Konsentrasiekampkerkhof is ʼn terrein waar meer as 1000 kinders onder die ouderdom van 15 jaar begrawe is. Die herdenkingsprogram sluit in skriflesing en gebed, ʼn program van voordrag en musiek, blomme uit eie tuin wat op die graffies gelê word en dan ʼn lekker koppie koffie en beskuit.

 Bring asseblief saam: Stoele, Blomme uit eie tuin en ʼn donasie

Boomplant: In 1915 het die SAVF sipresbome op die terrein geplant en in 1969, 70 inheemse bome. Dit het tyd geword om dit weer aan te vul. Op Maandag 25 September kan individue of gesinne hulle eie boom plant! ʼn Aantal inheemse bome sal op die terrein te koop aangebied word maar ons kort nog ʼn paar bome uit die onderstaande lys:

Acacia Caffra (Gewone haakdoring)

Bergsering (Kirkia wilmsii)

Bosveldkatjie-piering (Gardenivolkensii)

Kiepersol (Cussonia spicata)

Koorsboom (Xanthophloea)

Koraalboom (Erythrina lysistemon)

Ouhout (Leucosidea sericea)

Wildejasmyn (Schrebera alata)

Irene Konsentrasiekampkerkhof is ʼn terrein waar meer as 1000 kinders onder die ouderdom van 15 jaar begrawe is. 

Vir meer besonderhede kontak Rentia Landman rlandman@lantic.net

 083 306 5492

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!