Sing in Harmonie, kreatief ondersteun deur die FAK
September 28, 2017
Hierdie moet jy sien!
Oktober 3, 2017

Die Afri-Duet-verhaal het begin op ’n Saterdagoggend in September 2013 toe die sangpaar Willie en Natasha Joubert die gaskunstenaars was by die Gereformeerde kerk Andeon se 25ste jaarlikse Jakarandatee. Hul gevoelvolle optrede was die inspirasie wat die Duetfees-konsep by Andeon en Bergsig se predikant, ds. Cassie Aucamp laat posvat het. Die mooiste instrumente wat die Here ons gegee het, is die volmaakte harmonie tussen die twee stemme van ’n man en ’n vrou.

Die twee kerkrade en gemeentes het onmiddellik hierdie idee aangegryp en voor die einde van die jaar was die datum vasgemaak vir Vrydag 24 Oktober 2014. Deur die jare het die Afri-Duetfees gehore vermaak en hul hartsnare geroer met hoendervleis oomblikke.

Vanjaar word die Afri-Duetfees vir die vierde jaar aangebied. Kkunstenaars wat optree, is:

  • Louis Loock en Anna Davel
  • Nico Strydom en Charlotte Kilian
  • Nicholis Louw en Loriska Bubb
  • Manuel Escórcio en Belia Lourens
  • Henry van Dyk en Helena Ceronio

En soos oudergewoonte is daar jaarliks ’n gaskunstenaar wat ook tydens die geleentheid ’n FAK-toekenning ontvang en die gehoor sal neem op ’n reis van nostalgie.

Maak seker dat jy vanjaar saamkuier by die Afri-Duetfees. Klik hier om kaartjies te bespreek.

AFRI-DUETFEES 2017

20 & 21 OKTOBER

ZK MATTHEWS TEATER, PRETORIA

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!