Jou kultuurtuiste waardeer jou volgehoue ondersteuning as FAK-vriend en daarom wil ons jou so bietjie bederf met vermaak in duetformaat! #VyftigPersentAfslag
Kom bederf jouself saam met familie en vriende by vanjaar se Afri-Duetfees. Die Afri-Duetfees is ’n hoogtepunt op jou kultuurkalender en ’n geleentheid wat jy nie graag sal wil misloop nie. En die goeie nuus is dat FAK-vriende kwalifiseer vir 50%-afslag op Saterdagaand se vertoning! Dit is nou sowaar goeienuus-Woensdag!
Vanjaar word die Afri-Duetfees vir die vierde jaar aangebied. Kunstenaars wat optree, is:
As FAK-vriend bederf ons jou vandag met 50%-afslag vir Saterdagaand se vertoning. Om jou kaartjies te bespreek, kontak asseblief vir Ds. Cassie Aucamp by 082 377 1112 of stuur ’n e-pos na duetfees@gmail.com. Onthou om te noem dat jy ’n FAK-vriend is.
AFRI-DUETFEES
21 OKTOBER 2017
18:30
ZK MATTHEWS TEATER, UNISA, PRETORIA
KAARTJIES: R170, R200, R250 (50%-afslag uitgesluit)
Die volgende bepalings en voorwaardes geld:
Daar is geen beperking tot die hoeveelheid kaartjies wat jy as FAK-vriend kan bespreek nie. Die aanbod is slegs geldig vir Saterdagaand, 21 Oktober 2017 se vertoning. FAK-vriende ontvang 50%-afslag op die totale hoeveelheid kaartjies wat hulle bespreek. Aanbod geld vir solank daar kaartjies beskikbaar is.
2 Comments
Ek sal ongelukkig weens Kankerbehandeling (Chemo) nie kan deelneem nie. Baie dankie vir die uitnodiging.
Ons wil graag twee plekke bespreek vir Saterdagaand 21 Oktober.
Ons is lid van die Fak.