Wanneer kleuters begin Afrikaans praat

Hartsklanke van die vakansie
November 17, 2017
Ons legendes: Theuns – drie Curriebekers vir drie spanne
Januarie 19, 2018

Wanneer kleuters begin om hul eerste woorde in Afrikaans te brabbel, is dit iets wat groot humor bied vir die hele gesin, maar ook vir kleuterskooljuffrouens. Hier is ’n paar van die sêgoed wat kleuters kwyt geraak het op die speelgronde. Met vergunning van Sarel Kuiken Speelgroep in Bethlehem.

 

Cobus – “Daai oom het ’n merote (remote) dan gaan vlieg hy ’n vliegtuig.”

Franja – “Juffrou Corli jy moet nooit hier opklim nie, want daar is ’n mak baba spinnekop.”

Franja – “Is jy al 5 jaar oud Juffrou Corli?”

Cobus – “Jissie ek het my dood afgeskrik.”

Juffrou vra: “Is jy ’n Mickey Mouse vandag?” Liam antwoord: “Nee, Denicke is, ek is net ’n liefiekind.”

Franja – “Tannie Corli sy huil die heeltyd. Ek weet regtig nie wats haar probleem nie.”

Xutame – “Tannie Corli ek soek my karloorsie (horlosie).”

Mioné – “My pa maak my van my kop af, want hy wil ons nie bel nie.”

Arno – “My magie is soos oupa s’n – vol!

Arno – “Ek wil nou eet want my maag is afgeblaas…”

Arno – “Nee julle maak my ore pap!”

Liam – “Ek maak die emmer proper vol sand.”

Liam – “Ek hou van tannie matie.” (Tamatie)

Liam – “Ek wil nie ’n masensie hê nie, Rueben sê ek moet een hê.”

Nico – “Jy moenie my lepel vir Walt gee nie, ek is nie Walt nie.”

Franja – “Tannie Corli, sy’t drie tekens (kryte) gevat!”

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!