Ons legendes: Theuns – drie Curriebekers vir drie spanne

Wanneer kleuters begin Afrikaans praat
Januarie 8, 2018
Boekresensie: Mentje, kind van die Pas-Opkamp: ’n Verhaal van hoop te midde van vrees
Januarie 19, 2018

deur Daantjie Dinamiet

Op 16 Julie 1967 het die destydse Springbok-rugbykaptein Dawie de Villiers tydens die aanddiens van die Nederduits Gereformeerde gemeente Fynnland in Durban gepreek; die dag nadat die Springbokspan die eerste toets in daardie jaar se reeks teen Frankryk op Kingspark gewen het.

Ds. Kosie Stofberg was die predikant van daardie gemeente en onder die gehoor was sy destyds twaalfjarige seun Theuns. De Villiers het sy gesangeboek geteken en Theuns het seker nooit gedink dat hy ook eendag die kaptein van ’n Springbokspan sou word nie.

Marthinus Theunis Steyn Stofberg is op 6 Junie 1955 in die Vrystaatse dorp Villiers gebore. Theuns se oupagrootjie aan moederskant was president MT Steyn van die Oranje-Vrystaat. Sy oupa aan moederskant was dr. NJ van der Merwe; die eerste hoofleier van Die Voortrekkers. Sy naam is eintlik Theunis, maar hy het dit na Theuns toe verkort toe hy senior rugby begin speel het; blykbaar om dit makliker vir die legendariese rugbykommentator Gerhard Viviers te maak. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Grey Kollege in Bloemfontein voltooi en aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer.

Lees verder in ink Januarie 2018

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!