Taalvyltjie: Hoe breek Afrikaans woorde aan die einde van ’n reël af?
Februarie 20, 2018
FAK-Sangbundel internasionaal bekendgestel
Maart 13, 2018

Jy het die wêreld aan jou voete en niks of niemand gaan jou nou stop nie. Jy is nou ’n volwassene wat self kan besluit oor wat jy gaan doen en wanneer jy dit gaan doen.

Maar hoe meer jy begin wonder oor wat jy nou eintlik gaan doen as daardie matriekvakansie se ‘tan’ begin ‘fade’, hoe meer besef jy dat die prentjie dalk ’n bietjie anders lyk as wat jy gedink het.

Jongmense van vandag kom voor duisende keuses te staan oor wat om na skool met hulle lewens te doen. Die geleenthede en potensiaal is eindeloos en sommige mense weet presies waarvoor hulle hier op aarde geplaas is. Maar vir die meerderheid lyk hierdie keuse dikwels na ’n onbegonne taak. Daar word selfs na die era waarin ons tans leef, verwys as die tyd van verlamming omdat soveel jongmense nie weet wat om te doen nie – en dan niks doen nie!!

 

So, hoekom skryf jy nie in vir die FAK-Horisonjaar in 2019 nie?

Vir meer inligting, klik hier. (Die skakel sal jou herlei na ‘n e-boek, neem kennis dat jy deur die boekie kan blaai. Indien jy sukkel, klik hier om ‘n pdf.-weergawe af te laai.)

Stel jy belang om in te skryf? Los vir ons jou kontakbesonderhede en ons skakel jou!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!