Vakante pos
Februarie 5, 2018
Grethe van der Merwe
Februarie 20, 2018

Deur James-Brent Styan

Resensie deur Petronel Fourie

In hierdie boek, wat ter 50ste herdenking van die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting op 3 Desember 1967 gepubliseer is, word Chris Barnard se openbare en private lewe in oënskou geneem. Sy prestasies as hartsjirurg dien as hooftema, terwyl sy vriendskappe en verhoudings met bekendes wêreldwyd – van Sophia Lauren tot Pous Paulus VI – en sy openlike weersin in die apartheidsregering ook gedek word.

Barnard se kinderjare en vroeë familielewe dek die tafel vir sy latere suksesse én mislukkings. Sy grootwordjare bied aan die leser insig en begrip vir die man wat hy sou word – die eggenoot, die openbare figuur, die sjirurg. Sy pa was liefdevol, terwyl sy ma se ambisieuse geaardheid hom gedryf het om te presteer. Die skrywer bespiegel ook dat sy ma se invloed tydens sy vormingsjare moontlik tot die vermeende emosionele vlakheid gelei het wat mense in latere jare in Chris se houding teenoor vroue waargeneem het.

Lees verder in ink van Februarie 2018.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!