Daar kom die Alibama
Desember 5, 2018
Die Oukraalliedjie
Desember 5, 2018

Daar is ’n aantal Afrikaanse liedjies waarmee ons almal grootgeword het, en wat mense nog altyd gedink het tradisionele volksliedjies is omdat die naam van die oorspronklike komponis en kunstenaar kwansuis onbekend is.

Een daarvan is ’n liedjie wat in die vroeë 1950’s deur ’n sanger en liedjieskrywer van Vryburg in Noordwes geskep is en só gewild geword het dat dit vandag volksbesit is. “Die ou Kalahari”, ook bekend as “Ver in die ou Kalahari”, is al deur verskeie kunstenaars, onder meer Jurie Ferreira, Ben E Madison en Dozi opgeneem, maar nie een van hulle het dit oorspronklik geskryf nie.

Daniël Johannes (Danie) Pretorius is in 1915 in Vryburg gebore en het op ’n jong ouderdom musiek begin maak. Dit is in 1952 vir die eerste keer deur Jurie Ferreira, saam met Nico Carstens  en sy orkes opgeneem, en in 1961 het Charles Jacobie dit op sy debuutalbum, Die singende beesboer, ingesluit. Danie se eie opname was die titelsnit vanaf sy album wat in die vroeë 1960’s vrygestel is. Hierop het hy ook ’n aantal liedjies met ’n humoristiese aanslag wat hy self geskryf het, opgeneem. Onder die snitte op hierdie album was “Van Zyl”, wat gegaan het oor ’n rugbyspan wat net uit Van Zyls bestaan het, “Hoe as ek sê ha”, “Die brakke van Turffontein”, wat ook ’n treffer vir Al Debbo was, “Elke tweede man is Pretorius” en “Sjeef by die koffie”, nog een van sy grootste treffers. Jim Reeves het “Die ou Kalahari” ook by sy Afrikaanse album ingesluit, maar ook Engelse woorde daarvoor bygeskryf en die country-sanger Alan Ladd het dit ook in Engels en Afrikaans gesing.  Later het Koos Kombuis die wysie gebruik vir die titelsnit van sy album Ver van die ou Kalahari, waarop hy sy mond uigtespoel het oor apartheid, en die ander dinge wat destyds in Suid-Afrika gebeur het en waarvan hy nie gehou het nie.

In 1972 het Herbie en Spence bekendheid verwerf met Danie se komposisie “Die wilgerboom”, en later jare het Worsie Visser en Thys die Bosveldklong van sy treffers soos “Hulle byt my” en “Die hoender of die eier” opgeneem. Danie is in 1973 oorlede, maar ’n versameling van sy treffers, Danie Pretorius sing lekkerlagliedjies, is in 1997 op CD uitgerek en ook in sy geheel op YouTube gelaai.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!