Flink se medewerker wen Persklub-prys

Jaco Jacobs: “Lees verruim ’n kind se wêreld”
Desember 21, 2018
Bly lief vir my – Serenade
Desember 27, 2018

Die FAK se maandelikse digitiale tydskrif, Flink, se medewerker Yolanda Barnard-Lemmer het onlangs met die louere weggestap in die Nasionale Persklub se splinternuwe joernalistieke kompetisie.
Die Nasionale Persklub is ’n nasionale netwerkforum van joernaliste en professionele persone in die kommunikasiebedryf. Dit het sowat 400 lede waarvan omtrent die helfte joernaliste is.

Volgens Antoinette Slabbert, ondervoorsitter van die Nasionale Persklub is hierdie die eerste kompetisie van sy soort wat die Persklub aanbied. “Alle joernaliste wat lede van die Persklub is (en hul ledegeld betaal het) kry die geleentheid om hul beste werk wat in die vorige maand verskyn het, in te skryf. Dit maak nie saak op watter platform dit gepubliseer is nie. Radio ding byvoorbeeld mee met TV, digitale platforms en drukmedia. Ons soek bloot die beste stukkie joernalistiek wat in die betrokke maand verskyn het.”

Die beoordelaar, veteraanjoernalis en skakelbeampte Doreen Gough, het op Barnard-Lemmer se artikel “Daar’s ’n engel in Willie Strauss se koskas” besluit wat in die 15 Oktober-uitgawe van Flink verskyn het.
Gough sê die artikel was “beskrywend en bekoorlik en het ’n egte beeld geskep van ’n individu wat op die platteland woon en werk. Dit is goed geskryf met intelligente waarnemings en spitsvondigheid.”
Barnard-Lemmer het prysgeld van R2 000 en ’n koopbewys van R500 van Leriba-hotel gewen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!