Lapa-uitgewers se lysie van boeke vir Kersfees

Frank Opperman sit en leer woorde vir ‘n lewe
Desember 14, 2018
Penguin Random House se boekkeuses vir Kersfees
Desember 21, 2018

Vir mans en vrou bo 30: Kantelpunt deur Sophia Kapp

Vir almal ouers as 30 moet ’n mens Kantelpunt van Sophia Kapp aanbeveel. Nie ’n maklike boek nie, maar wel ’n belangrike blik op ons samelewing.

Vir niefiksie-lesers: Retoer deur Marita van der Vyver

Marita is ’n legende in eie reg. Hierdie lekkerleesboek vertel meer oor haar reis deur die lewe.

Krimivrate: Losprys deur Martin Steyn

Daar is twee skrywers in Suid-Afrika wat weet hoe om ’n polisieroman te skryf. Hulle name is Martin Steyn en Deon Meyer.

Vrouelesers: Al wat oorbly deur Santie van der Merwe

Ligter as Sophia se boeke, maar uitstekend. Santie is ’n deurleefde skrywer.

Vir liefhebbers van Afrikaans: Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg

Dié boek laat ’n mens opgewonde oor ons taal.

Tienermeisies: As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout

Hierdie debuutwerk boul almal om, jonk en oud.

Niefiksie vir jonger tieners: Shaka Rising deur Luke Molver

Hierdie grafiese roman vertel ’n belangrike deel van ons land se geskiedenis in ’n baie unieke manier. Tienerlesers (en hulle ouers) geniet dit behoorlik.

Vir seuns: Nova Omnibus 1 deur Fanie Viljoen

’n Heerlike boek met vyf wetenskapfiksienovelles.

Vir jonger lesers: Rondomtalie deur Jaco Jacobs

Hierdie verruklike boek word vergesel deur ’n CD waarop Anna Davel ’n keur van Jaco se rympies sing.

Vir Kabouters: Groot Beer deur Wendy Hartmann en Zinelda McDonald

’n Beeldskone, Suid-Afrikaanse kinderboek oor ’n meisie wat troos vind in die arms van haar teddie.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!