Madelein Rust: Sy lewe deur haar boeke
Januarie 21, 2019
’n Monument van ’n pa se hartseer
Januarie 21, 2019

Deur Christa Steyn

Regisseur: Sallas de Jager

Rolverdeling: Frank Opperman, Henriëtta Gryffenberg, Thapelo Mokoena, Regardt van den Bergh, Deon Lotz, Paul Eilers, Carel Nel, Annette Engelbrecht, Izel Bezuidenhout, Luan Jacobs

Produksiemaatskappy: Bosbok Ses Films

Genre: Drama

Duur: 97 min

Ouderdomsbeperking: 10-12 (Ouertoesig word aanbeveel)

Plaaslike rolprentgehore kan hulleself solank gereedmaak, want op 25 Januarie word die eerste Afrikaanse fliek vir 2019 bekendgestel. Dominee Tienie, gegrond op die toneelstuk Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade deur Dana Snyman, vertel die verhaal van ’n dominee (Frank Opperman) wat na 16 jaar as predikant van die Moedergemeente talle uitdagings in die gesig staar. Die film bevraagteken onder andere bywoningsgetalle van lede in die gemeente, sowel as die plek van ’n dominee in die moderne samelewing. In ’n poging om tred te hou met talle veranderings en terselfdertyd sy regmatige plek as predikant vol te staan, word daar ’n wig tussen Tienie Benade en sy gesin ingedryf. Na ’n insident met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie homself dan by ’n kruispad waar hy noodgedwonge ’n paar ernstige besluite moet neem.

Sallas de Jager, regisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger van die film, meen dis juis die penarie van ds. Tienie wat hom aangetrek het om die fliek te maak: “Die idee van ’n Afrikaanse dominee wat besef hy weet nie meer wie hy is nie en waar hy inpas in die moderne samelewing nie, het my onmiddellik aangegryp.” In dieselfde asem vertel De Jager dat elke lid van die produksiespan met ewe veel passie en ywer aan die film gewerk het: “Ek hoop mense gaan kyk hierdie rolprent met ’n oop gemoed en sal weet terwyl hulle dit kyk dat elke persoon wat ’n kreatiewe bydrae tot die film gemaak het sy/haar hart en siel in hierdie storie gestort het.”

Dominee Tienie het in Augustus 2018 sy debuut by die kykNET Silwerskermfees gemaak. Sedertdien is die fliek ook vir ’n Gold Bison-toekenning vir die beste verhalende rolprent by die Buffalo International Film Festival (BIFF), wat in New York plaasvind, genomineer.

Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=Gs1w7KE8X4k

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!