Egoli se Nora sterf
Junie 10, 2019
Afrikaners is plesierig
Junie 11, 2019

Dit gebeur nie aldag dat ’n volksliedjie ’n Afrikaanse roman inspireer nie, maar een wat dit wel reggekry het, was die tradisionele liedjie “Ver in die wêreld Kittie”, wat in die oorspronklike FAK-Sangbundel ingesluit is.

Voor die tyd is dit ook al deur verskeie sanggroepe opgeneem; die twee bekendstes was Groep Twee, een van die gewildste sangpare in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, en Tony en Jan, wie se opname op die klankbaan van die Afrikaanse rolprent Jannie tot siens ingesluit is.

In 2017 het ’n roman met dieselfde titel verskyn. Santie van der Merwe het hierin die verhaal vertel van Kittie, ’n middeljarige vrou wat nie met haar bejaarde ma, Gertruida, oor die weg gekom het nie en Londen toe verhuis het. Finansiële probleme en ’n liefdesteleurstelling het haar egter gedwing om na Suid-Afrika terug te keer en haar ma, wat van ’n beroerte herstel het, te versorg.

Comments are closed.

error: Content is protected !!