Wat maak oom Kalie daar?
Julie 15, 2019
3 Ghitaar Jolyt – Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels
Julie 15, 2019

Nie alle Afrikaanse volkswysies is noodwendig volkseie nie, en sommige daarvan het oorsese melodieë met Afrikaanse woorde.

Een daarvan is “Dis heerlike lente”, waarvan die wysie in die Alpe ontstaan het. Dr. Gawie Cillié het dit verwerk en was medeverantwoordelik vir die Afrikaanse lirieke. Dit is in die oorspronklike FAK-Sangbundel ingesluit. Gewoonlik word net die eerste vers gesing, maar daar is eintlik vier verse.

Dr. Gawie Cillié was ’n bekende koordirigent, orrelis, komponis van gewyde musiek en voorsitter van die FAK. Hy was die mede-uitgewer van die Koraalboek, die begeleiersboek van die vorige Afrikaanse Psalm-en-Gesangeboek en het aan die 1961-hersiening van die FAK-Sangbundel gewerk.  Hy is op 15 Junie 2000 oorlede, kort voordat hy negentig jaar oud sou word.

In die geledere van Die Voortrekkers is dié wysie ook gebruik vir ’n lied getiteld “Ons bou vir die toekoms”, wat in die jongste Voortrekker-sangbundel, Voortrekkers kan lekker sing, ingesluit is.

Comments are closed.

error: Content is protected !!