Aanstap rooies
Julie 15, 2019
Dis heerlike lente
Julie 15, 2019

Baie mense dink dat sosiale kwessies eers onlangs in Afrikaanse musiek aandag begin kry het, maar dis nie waar nie.

Die bekende skrywer CJ Langenhoven was verantwoordelik vir die woorde van die volksliedjie “Wat maak oom Kalie daar?”, wat sekerlik grappig bedoel is, maar waarin drankmisbruik en vrouemishandeling voorkom. Baie mense ken net die eerste vers, maar dit vertel eintlik ’n hele storie van ’n man wat met ’n kwaai weduwee trou; hy kom sy fout gou agter, maar sy  praat hom om om by hom te bly, met minder goeie gevolge.

Dit was ook die titel van ’n rolprent wat in 1975 verskyn het. Jan Breytenbach het die draaiboek geskryf en die regie behartig, en Don Leonard, wat destyds gereeld in veral komiese rolprente te sien was, het die titelrol vertolk.

Comments are closed.

error: Content is protected !!