Kryt
September 26, 2019
Uit die Beek 2020
September 26, 2019

deur Kerneels Breytenbach

Human & Rousseau

Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pêl Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in jaar 2025?

Daar wag ’n groot verrassing op Fleur. Want in die domein van Jaap Schvantz en sy eggenoot Krystle, aan die hoof van Corpus Christi se kolossale besigheid (deesdae is die kerk en rugby één), is daar ’n klankie in die lug. En Fleur, ervare joernalis wat sy is, kry gou snuf in die neus.

Hond se gedagte is ’n hoogtepunt in Kerneels Breytenbach se oeuvre. Dit is ’n roman wat spreek tot rugbykenner én rugbyleek. Want wat is rugby anders as ’n metafoor vir die lewe – net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie …

Oor die skrywer

Kerneels Breytenbach is in Johannesburg gebore, en het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy was joernalis by Beeld en Die Burger voordat hy uitgewer by Human & Rousseau geword het. Ná jare as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers, is hy nou voltyds skrywer. Sy mees onlangse romans is Piekniek by Hangklip en Ester. Hy woon op Bettysbaai.

Comments are closed.

error: Content is protected !!