Ligte, kamera, aksie!
September 26, 2019
Ons raaiselpad met alzheimers-siekte
September 26, 2019

deur Sidney Gilroy

Human & Rousseau

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie.

In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en ’n ou vriend van die polisiekommissaris, in ’n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek. Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar ’n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in ’n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit?

Klikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.

Oor die skrywer

Sidney Gilroy is 1 Junie 1980 op Virginia gebore. Later verhuis hy saam met sy ouers na Harrismith in die Oos-Vrystaat en in 1998 matrikuleer hy aan Newcastle Hoërskool in KZN. Ná skool studeer hy aan UP en begin kort daarna ’n loopbaan as projekbestuurder in die ingenieursbedryf.

Comments are closed.

error: Content is protected !!