Legkaart van ’n jong lewe. Essays oor wat was en geword het
September 26, 2019
Hond se gedagte
September 26, 2019

deur Hennie Nortjé

Queillerie

Aan die einde van die Kryt

kalk ’n streep deur die krans

en bulder oor die afgrond uit:

Skrander aap, nou is jou kans!

In Hennie Nortjé se tweede digbundel (na die bekroonde In die skadu van soveel bome) kom die bokskryt van die menslike kondisie aan bod in ingehoue, subtiele en dikwels wrang humoristiese verse. Kryt bewoord die uitwissing van eras (soos die Kryt-tydperk); die impak van katastrofes op die heelal; die uitlewering van die mens aan bedreigings (onder meer die aanslag van bordkryt, en die uitkrytery tussen bevolkingsgroepe); die verbystering oor die skoonheid en wonders van die natuur; en die drang van die klein skepper om in die kryt te tree teen Tyd se sloping deur middel van kunsskepping. Geologiese, ekologiese en natuurhistoriese temas word vooropgestel, sowel as gedigte oor die natuur en kunstenaarskap wat lesers van sy vroeëre werk na aan die hart sal lê.

Oor die skrywer

Hennie Nortjé is in 1956 gebore en wek as mediese praktisyn. Sy bundel In die skadu van soveel bome het die Eugène Maraisprys vir debuutwerk 2013 gewen. Hy bly op Stellenbosch wanneer hy nie besig is om verre paaie te bewandel op soek na uitsonderlike bome en klippe nie.

Comments are closed.

error: Content is protected !!