100 dae van dankbaarheid
September 26, 2019
Vywervrou: Lira
September 26, 2019

Kobus van der Westhuyzen

Lux Verbi

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuyzen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn in die geskiedenis van die Media24-stal. Ds. Van der Westhuyzen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het Van der Westhuyzen 366 paslike stukkies met die hand uitgesoek.

Oor die skrywer

Ds. Kobus van der Westhuyzen behartig al byna 50 jaar reeds die rubriek Hart tot hart in die Landbouweekblad. Verskeie publikasies verskyn vanuit sy pen, waaronder die Bybelse dagboek vir boere en natuurmense, ’n Aarde nuut en vry. Ds. Kobus is getroud met Anina en hulle het twee seuns, ’n dogter en sewe kleinkinders.

Comments are closed.

error: Content is protected !!