Klikbek
September 26, 2019
Daar is geen keer aan Beer nie
September 26, 2019

deur Elise Nel

Lux Verbi

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat skort, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel haar intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir die versorgers van mense met alzheimers en tekens waarna mens moet oplet.

Oor die outeur

Elise is in Prieska gebore en ontvang verpleeg- en vroedvrou-opleiding na skool. Sy trou met haar skoolliefde Willie en boer vir 30 jaar op ’n Karooplaas. Sy werk ook ’n paar jaar in die plaaslike hospitaal. Na hulle aftrede verhuis hulle na Hoekwil en uiteindelik George. Hulle was 49 jaar getroud en het drie kinders en ses kleinkinders.

Comments are closed.

error: Content is protected !!