Daar is geen keer aan Beer nie
September 26, 2019
Camille van Niekerk staan deesdae as die #Afrimerikaner bekend
September 26, 2019

Breyten Breytenbach, Charl-Pierre Naudé

Human & Rousseau

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is ’n voëlvlug oor ’n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniëring staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos.

Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.

Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.

Oor die skrywer

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ‘n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogrys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Charl-Pierre Naudé is op 27 Augustus 1958 in Kokstad gebore. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie sowel as die Proteaprys vir poësie.

Comments are closed.

error: Content is protected !!