Hond se gedagte
September 26, 2019
Ligte, kamera, aksie!
September 26, 2019

deur Barend Vos

Lux Verbi

Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Oor die skrywer

Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LIG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.

Comments are closed.

error: Content is protected !!