Jok vir my – Zuri
Oktober 21, 2019
“Bitter” – Jo Black
Oktober 22, 2019

Met vanjaar se Ghoema-toekennings is André Schwartz vereer vir sy lewenslange bydrae tot die musiekbedryf.

André se eerste Afrikaanse album, Lief vir alles hier, is in 1990 vrygestel en in Julie vanjaar het sy nuwe album verskyn. Volgens André gaan dié liedjie, wat deur Hanmari de Wet geskryf is, oor onwrikbare geloof in die liefde en die geduld wat soms daarmee gepaard gaan.

André vertel ook dat die konsep agter die video sy idee was. Pleks van akteurs is poppe gebruik om die rolle in die video te vertolk, en aangesien André dieselfde uitrusting as een van die poppe dra, is daar gedurig ’n verskuiwing tussen fiksie en werklikheid.

Die video is op André se plaas verfilm en hy wou gehad het dat almal by die karakters aanklank vind, al is dit poppe, aangesien die tema universeel van aard is.

Dié liedjie is op alle digitale platforms beskikbaar; kyk hier na die musiekvideo: https://www.youtube.com/watch?v=88UTWTncZLw

Comments are closed.

error: Content is protected !!