Môre kom die son weer op – Ramey Short
Oktober 21, 2019
Ek sal wag – André Schwartz
Oktober 21, 2019

Die bekende skrywer CJ Langenhoven het die volgende oor leuens te sê gehad: “Wat as omstandighede jou tog eerder ’n leuen bo die waarheid laat verkies, en jy dan die leuen van ’n illusie verkies as die werklikheid van die waarheid wat moet insink?”

Dit is die tema van Zuri se nuwe enkelsnit, “Jok vir my”. Zuri is nie heeltemal ’n nuweling op die musiektoneel nie; sy het onder haar regte naam, Zurilda, ’n album met die titel Val vir my vrygestel. Die titelsnit het ’n treffer geword, asook “Marskara” en “Swart”, en sy het veral by luisteraars van plattelandse radiostasies byval gevind.

Zurilda het hierdie snit saam met Byron Kuntz geskryf. Byron is ’n ervare liedjieskrywer en regisseur wat al saam met ’n paar groot name gewerk het. Die onderwerp is dat ’n mens soms nie bereid is om die waarheid van hoe iemand oor jou voel, te aanvaar nie, en wil hê dat daardie persoon net moet sê dat hy of sy jou liefhet.

Met hierdie snit het Zuri van haar gebruiklike musiekstyl afgewyk; anders as voorheen is dit ’n rustiger snit met lirieke wat iets om die lyf het en ’n mens net weer laat dink aan eerlikheid in verhoudings. Dit behoort ’n groot treffer vir haar te word.

Comments are closed.

error: Content is protected !!