Vat my terug – Mari Bosman
Oktober 21, 2019
Môre kom die son weer op – Ramey Short
Oktober 21, 2019

Ons ken hom nou al jare lank as aanbieder van die ontbytprogram op Jacaranda FM, maar baie mense weet dat Martin Bester ook ’n sanger is.

Met sy jongste enkelsnit, “Konings”, het hy iets anders gewaag, naamlik reggae in Afrikaans. Martin het die snit saam met onder meer Ewald Janse van Rensburg en Roux Cloete geskryf. Dit behoort nie net gewild te wees by partytjies nie, maar dit sal moontlik aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme. Martin vertel dat die liedjie geïnspireer is deur spesiale tye wat hy tydens Desember-vakansies beleef het; hy het self op ’n stadium by ’n vakansieoord gewerk.

Volgens Martin wou hy nog altyd uniek en suksesvol wees en daarom behoort dit niemand te verbaas dat hy met hierdie snit nuwe lewe in Afrikaanse musiek geblaas het nie. Hy is een van die min kunstenaars wat tot dusver die waagmoed gehad het om reggae in Afrikaans te sing, en daarvoor verdien hy erkenning. Dit is ’n snit wat jou sommer gou sal laat saamsing.

Comments are closed.

error: Content is protected !!