Môre kom die son weer op – Ramey Short

Konings – Martin Bester
Oktober 21, 2019
Jok vir my – Zuri
Oktober 21, 2019

Deur die jare het verskeie akteurs tot die musiekbedryf toegetree, onder meer Steve Hofmeyr, Izak Davel, Philip Moolman, Altus Theart en Stefan Ludik, om net ’n paar te noem.

Die jongste akteur wat hierdie skuif gemaak het, is Ramey Short, wat die rol van dr. Quinton Meyer in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk. Sy eerste enkelsnit, “Môre kom die son weer op”, is pas vrygestel.

Dié liedjie, geskryf deur die bekende liedjieskrywer Emil Struwig, dra ’n positiewe boodskap van hoop oor en sal enigiemand wat moedeloos voel, die krag gee om voort te gaan en vas te byt. Dit is beslis ’n snit met trefferpotensiaal.

Comments are closed.

error: Content is protected !!