Hantam dis die lewe/C’est la vie – Klipwerf-Orkes
Oktober 7, 2019
Konings – Martin Bester
Oktober 21, 2019

Die verlange na ’n tyd toe ’n mens jonk en onskuldig was, is met reg ’n gewilde tema onder liedjieskrywers.

Mari Bosman het sukses op verskeie radiostasies met snitte soos “Hou vas”, “Skakerings” en die pragtige “As vrou”, wat sy verlede jaar vir Nasionale Vrouedag opgeneem het en aan alle vroue opgedra het, en nou is sy terug met haar jongste enkelsnit, “Vat my terug”, uit die pen van PJ Cruz, wat self ’n gevestigde solokunstenaar is.

Hierin sing Mari van al die goeie dinge wat sy onder meer by haar oupa geleer het en waarna sy verlang. Dit is ’n lekker nostalgiese snit wat jou laat terugdink aan die dae toe die lewe minder ingewikkeld was en voordat ’n mens ontnugter geraak het. Daarom het dit die potensiaal om baie gewild te wees en haar as kunstenaar in die plaaslike musiekbedryf te vestig.

Comments are closed.

error: Content is protected !!