Ek sal wag – André Schwartz
Oktober 21, 2019
“Wie jy is” – Tussen Sterre
Oktober 22, 2019

Met sy tweede album, Voel jy die genade?, het Jo Black tot dusver voortgebou op die sukses van sy debuutalbum, Skepe, wat twee jaar gelede vrygestel is en die tyd het eindelik aangebreek om die tweede enkelsnit vanaf sy nuwe album, naamlik “Bitter”, vry te stel.

Jo het hierdie snit, wat hy aan sy vrou Debbie opdra, saam met Johan Vorster geskryf. Johan is self ’n ervare liedjieskrywer wat voorheen lid van die gewilde groep Eden was. Die musiekvideo is verfilm in Jo se restaurant, The bearded butcher, wat binnekort sy deure open, en beeld die kontras tussen mans en vroue baie goed uit. “’n Mens besef nooit hoe nodig jy iemand het totdat daar ’n kans is dat jy daardie persoon kan verloor nie”, vertel Jo agter dié rock-ballade. Hy vertel ook dat “Bitter” eintlik ’n lekker beskrywende woord in Afrikaans is; jy kan bitter kwaad, bitter mooi, bitter stout of bitter lief vir iemand wees.

Jo hoop dat mense die dieper emosie agter hierdie snit sal ervaar, aangesien almal al sy of haar hart op iemand verloor het. Dit is ’n opbouende en betekenisvolle snit wat weer eens ’n boodskap van hoop en geloof bydra.

Gaan kyk gerus na die musiekvideo: http://www.youtube.com/watch?v=4FXL287JifQ

Comments are closed.

error: Content is protected !!