“Wie jy is” – Tussen Sterre
Oktober 22, 2019
“Liefde soos dagbreek” – Juani M
Oktober 22, 2019

Na die sukses van haar eerste Afrikaanse enkelsnit, “Hart op jou mou”, het die Mosselbaaise sangeres Sunel van der Linde, wat net onder haar naam sing, pas haar tweede een, “Hart se wens”, uitgereik.

Sunel vertel dat sy hierdie liedjie na aanleiding van ’n liefdesteleurstelling geskryf het en volgens haar is dit die tipe liedjie waarna ’n mens moet luister wanneer jou hart vir die eerste keer regtig gebreek word. Sy sê mens moet luister wanneer jou hart vir die eerste keer regtig gebreek word. Sy sê verder dat sy gewoonlik ’n liedjie skryf met ’n konsep in gedagte, maar ook uit persoonlike ervaring. Ons almal het al ’n gebroke hart gehad, voeg sy by, maar dit maak dat ’n mens wyser en meer ervare word met die liefde. Sy hoop dat die liedjie by die publiek byval sal vind.

Sy het die liedjie klaar geskryf toe Vaughn Gardiner en Hugo Ludik oor haar pad gekom het en haar gehelp het om die liedjie se volle potensiaal na vore te bring. Volgens haar was dit wonderlik om saam met twee sulke talentvolle mense te werk en ander musikante se insette te kry.

Die musiekvideo is in ’n groot stoor in Johannesburg verfilm en die gedagte was om iets eenvoudig maar treffend te skep. Sy het saam met Jacques Loots van Fathom Media gewerk en hulle het presies dieselfde visie vir die video en die liedjie gehad.

Sunel se debuutalbum is einde Mei 2019 vrygestel.

Die skakel vir die musiekvideo is: https://youtu.be/5p8JAJI0kPg

Comments are closed.

error: Content is protected !!