“Liefde soos dagbreek” – Juani M

“Hart se wens” – Sunel
Oktober 22, 2019
“Oorgenoeg” – Len Muller
Oktober 22, 2019

Elke mens is op soek na daardie een liefde wat lewenslank by jou sal bly maar net sommige mense is gelukkig genoeg om dit te vind.

Dit is die onderwerp van Juani M se nuwe enkelsnit, “Liefde soos dagbreek”, wat deur Emil Steuwig geskryf is, en by Manley Recording Studios opgeneem is. Omdat dit so ’n belangrike en universele onderwerp het, sal dit by luisteraars van alle ouderdomme byval vind.

Hierdie snit is die tweede enkelsnit vanaf Juani M se album, Niemand anders, wat binnekort vrygestel word; die titelsnit is reeds ’n treffer en die musiekvideo word tans gereeld op televisie gewys.

Wanneer Juani M nie sing nie, bedryf sy ’n winkel in Parys in die Vrystaat met die naam van Fish 2 Feet. Sy woon saam met haar man en dogtertjie in dié dorp en sy is al van kleins af lief daarvoor om mense met haar musiek te vermaak.

Hierdie snit behoort ’n groot treffer te wees, nie net op troues en danse nie, maar ook op die meeste radiostasies en sal sekerlik nie sukkel om groot hoogtes op verskeie trefferslyste te bereik nie.

Die skakel na die musiekvideo is: https://www.youtube.com/watch?v=q2MlErD8W2g

Comments are closed.

error: Content is protected !!