“Liefde soos dagbreek” – Juani M
Oktober 22, 2019
“Wat om te dra agter op ’n bakkie” – Rocco de Villiers
Oktober 22, 2019

Len Muller is bekend vir musiek wat nie net met die hart praat nie, maar ook baie meer om die lyf het as die gemiddelde Afrikaanse “trefferliedjie”.

Sy jongste enkelsnit bou voort op die tema van vrygewigheid en vergenoegheid wat hy met een van sy eerste enkelsnitte, “Liefde is vrygewig”, aangeraak het. Hierin sing hy van mense wat op straat is, of wat nie alles wat ons as vanselfsprekend aanvaar, besit nie en hy laat ’n mens dink aan hoeveel eintlik genoeg is om van te lewe. Hy vertel dat hy lank al ’n diep hartseer oor armoede in ons land gehad het en dat hy hierdie liedjie geskryf het omdat hy gefrustreerd geraak het met mense se geldgierigheid.

Die musiekvideo is gedeeltelik by die Voortrekkermonument opgeneem en die idee was om meer van die skeppingsproses te vertel en nie noodwendig ’n storie te vertel nie.

Len se jongste kortspeelplaat (EP) word teen die einde van Mei vrygestel, en sal nie net hierdie snit bevat nie, maar ook “Nuwe horizon”, “Ek glo”, ’n akoestiese weergawe van sy treffersnit “Sing vir sente” en “Verdwyn”. Len is ook saam met Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Liani Reynolds, Leon Gropp en Kaleidoskoop deel van die musiekreeks, Musiek soos grond; hulle het reeds die enkelsnit “Lugballon” saam opgeneem en ’n reeks konserte aangebied.

Kyk gerus na die musiekvideo van “Oorgenoeg” by: https://youtu.be/KJv8tvNkwvc

Comments are closed.

error: Content is protected !!