“Wat om te dra agter op ’n bakkie” – Rocco de Villiers

“Oorgenoeg” – Len Muller
Oktober 22, 2019
“Vat ’n kans” – Samantha Leonard
Oktober 22, 2019

Sedert die vrystelling van sy eerste Beautiful beautiful piano-album het Rocco de Villiers homself gevestig as die voorste klavierspeler in Suid-Afrika, en met sy jongste album, Kort broek lang kouse, het hy weer gewys hoekom.

Die eerste enkelsnit, “Wat om te dra agter op ’n bakkie”, is goed genoeg om nie net tot enige trefferslys toe te tree nie, maar baie goed te vaar. Dit is geïnspireer deur ’n werklike gebeurtenis waartydens hy op pad was na ’n konsert toe en sy motor gebreek het. Hy moes ’n geleentheid agter op ’n bakkie aanvaar. Die inspirasie vir die musiekvideo was twee biografiese rolprente wat hy kort tevore gesien het, naamlik Bohemian rhapsody, die lewensverhaal van Queen se hoofsanger Freddie Mercury, en Behind the candelabra, waarin die flambojante klavierspeler Liberace se verhaal vertel word.

Die video is by Muldersdrift naby Johannesburg verfilm en kombineer die kostuums wat deur bogenoemde musiek-ikone geïnspireer is met eg Suid-Afrikaanse velskoene en kakieklere. Die morele les uit die video is dat jy groot hoogtes kan bereik deur net jouself te wees.

Hier is die skakel na die musiekvideo: https://www.youtube.com/watch?v=Cb4WaHX4E24

Comments are closed.

error: Content is protected !!