“Wie jy is” – Tussen Sterre

“Bitter” – Jo Black
Oktober 22, 2019
“Hart se wens” – Sunel
Oktober 22, 2019

Na die sukses van hul debuutalbum, Kosmies, wat verlede jaar verskyn het, is Tussen Sterre terug met ’n nuwe enkelsnit.

Die groep, wat bestaan uit Jan-Matthys van Lill, SJ van Dyk en Martin Earle, het dadelik aanklank by die publiek gevind deur die toekenning as die publiek se gunsteling by verlede jaar se Ghoemas te wen.

Die nuwe enkelsnit, “Wie jy is”, is pas vrygestel, en hierin sing hulle van iemand wat hulle bewonder en beter wil leer ken. Die video is binne-in ’n gimnasium verfilm.

Dié nuwe snit sal weer eens, soos die meeste op hul debuutalbum, byval by jonger luisteraars vind, maar dit beteken nie dat dit nie ’n goeie liedjie is nie. Dit het dalk meer om die lyf as die meeste liedjies wat hoofsaaklik op tieners of jongmense gemik is. Daarom behoort dit ’n treffer te word.

Hier is die skakel na die musiekvideo: https://www.youtube.com/watch?v=yowdUnYbe4M

Comments are closed.

error: Content is protected !!