“Tussen die lakens” – Elandré

“Pretoria” – Anders
Oktober 23, 2019
“Voor jou” – Caroline-Grace Brüssow
Oktober 23, 2019

Na die sukses van die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album, Boomhuis, is Elandré terug met sy jongste treffer, “Tussen die lakens”.

In hierdie liedjie, wat hy saam met Jonathan Scholtz geskryf het, sing hy van mense met wie hy ’n lang tyd nie gepraat het nie of aan wie hy nie gedink het nie. Dit gaan daaroor om net stil te word en te erken dat hulle wonderlik was. Hy vertel dat hy oor die jare vrede gemaak het met wat hy die laaste paar jaar verloor het, aangesien hy baie prysgegee het om te kom waar hy vandag is. Hy wil tog die mense wat hy verloor het, verseker dat hy hulle onthou en waardeer. Hy het ook vrede met hulle, waar hulle ook mag wees.

Hierdie snit het reeds lugtyd op die vernaamste radiostasies gekry, en behoort dieselfde sukses as sy vorige treffers te behaal.

Hier is ’n voorskou van die musiekvideo: http://bit.ly/TussenDieLakens

Comments are closed.

error: Content is protected !!