“Voel my pols” – Joe Foster en Johan C. Venter

“Vat ’n kans” – Samantha Leonard
Oktober 22, 2019
“Pretoria” – Anders
Oktober 23, 2019

Drie jaar sedert sy solo-debuutalbum, het Joe Foster, wat voorheen lid van die groep Adam was, sy jongste album, Volgende stap, vrygestel.

Met die jongste enkelsnit vanaf die album, wat hy saam met Johan C. Venter, sing, stuur hy ’n baie sterk boodskap uit. “Voel my pols” is die Afrikaanse weergawe van die liedjie “Pulse”, wat deur die Amerikaanse sangers en liedjieskrywers Eli Lieb en Brandon Skeie gesing is. Dit is geskryf ter nagedagtenis van die 49 mense wat dood is en die 53 wat beseer is tydens ’n terreuraanval op die gay nagklub Pulse in Orlando in die Amerikaanse staat Florida. Dit was een van die grootste menseslagtings tot nog toe in die Amerikaanse geskiedenis.

Die swart en wit musiekvideo word opgedra aan almal wat geboelie word oor hul seksualiteit. Hier is die skakel: https://youtu.be/l5pAro9fDNo

Comments are closed.

error: Content is protected !!