“Voor jou” – Caroline-Grace Brüssow

“Tussen die lakens” – Elandré
Oktober 23, 2019
“Van voor af begin” – Mariska
Oktober 23, 2019

Sedert sy aan The Voice SA deelgeneem en haar debuutalbum, Eindelose liefde, vrygestel het, het Caroline-Grace ’n uiters gewilde sangeres geword, en nou is sy terug met haar jongste enkelsnit.

Die musiekvideo van “Voor jou”, is by die Diamond X Cowboy Ranch anderkant Rayton in Gauteng verfilm en vertel die verhaal van ’n gelukkige Cowboy-paartjie wat met perde en beeste boer en deur ’n groep boewe oorval word. Die akteur André Lötter speel teenoor Caroline-Grace in die video. Die boodskap wat Caroline-Grace in dié video wou oordra, is dat liefde alles oorwin, want dit maak jou dapper genoeg om berge te versit en jou geliefde te beskerm. Sy is ook bly dat die vrou, en nie die “ridder op die wit perd” nie, die held van die verhaal is.

Caroline-Grace is getroud met die voormalige Springbok-rugbyspeler Heinrich Brüssow, en haar debuutalbum, Eindelose liefde, het vir haar in 2018 die Ghoema-toekenning as die beste nuweling besorg. Hierdie nuwe musiekvideo volg op die sukses van haar vorige enkelsnitte, “Ek bid vir jou” en die titelsnit van die album, “Eindelose liefde”. Haar nuwe musiekvideo wys ’n ander kant van haar talent en persoonlikheid met dié dat kykers ook haar toneelspelvaardighede kan sien en ’n kragtige boodskap met die wêreld kan deel.

Kyk gerus na die video by http://www.youtube.com/watch?v=wlZqbmJH4ZM

Comments are closed.

error: Content is protected !!