“Waar is jou hoop?” – Mike

“Een vir my” – Posduif
Oktober 23, 2019
Karaktermoord
November 13, 2019

Vandag se jongmense ervaar die wegkwyning van liefde, hoop en geloof.

Dit is die mening van Mike Willemse, wat onder sy naam sing en pas sy debuut-enkelsnit, “Waar is jou hoop?”, uitgereik het. Mike het dit self geskryf en die konsep daarvan is om die boodskap oor te dra dat daar steeds rede is om te glo, en dat ons as nasie in liefde hande moet vat met die hoop dat ons saam kan staan in geloof, God moet dien en vir Hom dankie moet sê vir alles wat Hy vir ons doen. Die Woord van God sê, volgens Mike, immers dat ons ons naaste moet liefhê.

Met hierdie lied wil hy na mense uitreik en hy hoop dat hulle geraak sal word en saam sal staan as een nasie. Hy glo dat dit ’n positiewe gevoel sal bring. Hy wou nie te veel aan die musiekvideo karring nie; die woorde moes eerder die storie vertel. Die storielyn is dat as ons as nasie hande sal vat, saam sal staan en ’n verskil sal maak. Dit gaan oor meer as net hoop, liefde en geloof; die doel is dat mense by God moet uitkom; in Hom kan elke persoon sy of haar naaste se hand vat en in die liefde loop waarvoor God ons geroep het.

Mike is 34 jaar oud en woon op ’n kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in Pretoria. Hy het al op agtjarige ouderdom kitaar begin speel en in voorprogramme van kunstenaars soos Leah, Steve Hofmeyr en Pieter Smith opgetree. Hy is tans besig om aan ’n Afrikaanse album te werk.

Kyk gerus na die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=2GLEZnwOQqY

Comments are closed.

error: Content is protected !!