“Dis nie ek nie” – Soné Joubert

“Nonna” – Appel
November 7, 2019
“Vier seisoene kind” – Tasché en Francois van Coke
November 7, 2019

Met die jongste aflewering van The Voice South Africa is Soné Joubert as die naaswenner aangewys, en nou het haar debuut-enkelsnit die lig gesien.

“Dis nie ek nie” is ’n komposisie van Cherée Strydom en Chris Rain en die boodskap is dat sy haar nie deur roetine of ander mense se verwagtinge laat voorskryf nie. Die musiekvideo is in Hillbrow in Johannesburg verfilm en vertel die verhaal van ’n plaaskind wat teen haar sin in die stad vasgevang is. Sy dra altyd ’n stukkie van die natuur saam met haar as toevlug. Hillbrow, as verwaarloosde stedelike omgewing, skep die effek van die stadslewe wat ’n gejaag na wind is, vertel sy.

Soné is 27 jaar oud en afkomstig van Gordonsbaai in die Wes-Kaap. Sy is al van kleins af besig met musiek en sy het in 2008 by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in die Verenigde State van Amerika opgetree. Sy beskryf haarself as iemand met ’n sagte plek vir mense wat al die slegte kant van die lewe moes ervaar.

Dit is ’n snit met betekenisvolle lirieke, en haar uitsonderlike stem maak dat ’n mens nog lank na haar sal kan luister.

KLIK hier om na die video te kyk.

Comments are closed.

error: Content is protected !!