The country collection Vol. 3 – Steve Hofmeyr
November 7, 2019
“Dis nie ek nie” – Soné Joubert
November 7, 2019

Hoewel Christoph Kotze al elf jaar lank in die musiekbedryf is, het hy as sanger eers bekendheid verwerf toe sy debuutalbum, Lei my na die water, verskyn het.

Hy het sy verhoognaam na Appel verander, en hierdie album met Boer loop deur my are opgevolg. Nou is hy terug met sy jongste album, Patriot, en die eerste enkelsnit, “Nonna”, is besig om ’n landwye treffer te word.

Hy het die liedjie saam met Johan Vorster geskryf en dit vertel die verhaal van ’n jong meisie wat verlief is op ’n boerseun, die plaas en Afrika. Hy moet vrede maak met die feit dat hy haar hart moet deel en bereid is om dit te doen. Volgens Appel beeld die liedjie avontuurlus en die liefde vir Suid-Afrika uit. Hy glo die publiek sal daarvan hou, want die produksiestyl is vir hom iets nuuts.

Appel se nuwe album is nou landwyd, en op alle digitale platforms, beskikbaar.

KLIK hier om na die video te kyk.

Comments are closed.

error: Content is protected !!