“Vier seisoene kind” – Tasché en Francois van Coke

“Dis nie ek nie” – Soné Joubert
November 7, 2019
Karaktermoord
November 13, 2019

In 2002 het Laurika Rauch ’n treffer gehad met ’n liedjie wat Gian Groen geskryf het.

“Vier seisoene kind” was die titelsnit van een van Laurika se suksesvolste albums en het intussen een van haar gewildste liedjies geword. Vroeër vanjaar het Tasché Burger die jongste wenner tot dusver van die werklikheidsreeks The Voice South Africa geword en haar mentor in dié reeks, Francois van Coke, het haar die geleentheid gegee om ’n aantal liedjies by sy ateljee op te neem.

Francois wou nog altyd ’n liedjie saam met haar opneem, en hulle het op “Vier seisoene kind” besluit. Gian self het, in reaksie daarop, gesê dat hierdie opname sy gunsteling tot dusver is. Tasché beskryf die liedjie as ’n Afrikaanse juweel; sy ken dit lank al en beskou die lirieke as briljant. Dit het reeds lugtyd op ’n paar belangrike radiostasies gekry.

Dit is beslis ’n uitstekende opname, en iets heeltemal anders as die ander wat reeds vrygestel is. Dit is een van ses snitte wat op haar kortspeelalbum, EP, verskyn. Onder die ander snitte is haar weergawe van “Lisa se klavier”, “Bittermaan” van Spoegwolf, “Ek skyn heilig” en haar eerste oorspronklike enkelsnit, “Die een”.

Comments are closed.

error: Content is protected !!