“Jive bunny Boerekeurspel” – Die Ventertjies

Skarlakenkinders
November 13, 2019
Lotsgebonde – Die verhaal van Fritz Joubert Duquesne
November 21, 2019

Toe die twee Venter-sussies, Nicola en Lindie-Lee, ’n paar jaar gelede op die plaaslike musiektoneel verskyn het, het hulle hoofsaaklik Boeremusiek gespeel, en niks anders as hulle twee kitare as begeleiding gebruik nie.

Met hul nuwe album, Roer jou voete, het hulle egter iets gedoen wat heeltemal buite hul gemaksone val. In 1989 het Jive Bunny and the Mastermixers groot sukses met hul treffersnit “Swing the mood” gehad, wat bestaan het uit treffers van die rock and roll-era van die laat 1950’s. Nou het hulle presies dieselfde gedoen, en Fatman sing saam met hulle. Die musiekvideo is by Mustang Sally’s in Pretoria opgeneem. Die keurspel bestaan nie net uit rock and roll-liedjies van daardie jare nie maar David Kramer se “Meisie sonner sokkies” is ook ingesluit. Dit is ’n lekker snit wat almal vinnig op die dansvloer sal kry.

Die Ventertjies bestaan uit die twintigjarige Nicola en die sewentienjarige Lindie-Lee, en hulle het al verskeie toekennings gewen sedert hulle eerste album, Vlinder vingers, in 2014 vrygestel is.

KLIK hier om na die video te kyk.

Comments are closed.

error: Content is protected !!